Share

4 November 2015 - Woensdag


 

 

Mamma
Vandag kry ons baie swaar. Sukkel om die lig te sien. Die dokter is ook bekommerd. Ek het my klein mensie in God se hande gesit. Hoe hou mens moed? Probeer God ons voorberei. Is dit dit? Die slegte nuus word nou meer as die klein oorwinnings. Christo se saturasievlakke begin nou laag daal. Die susters moet kort-kort met die hand pomp help om die saturasievlakke te help maar dit bly nie daar nie. Ek gaan met 'n bittere swaar hart kamer toe vanaand. Ek kan nie slaap nie. Elke voetstap buite in die gang laat my regop sit. Hulle kom my haal om te gaan groet. Maar hulle kom nie.