1 November 2015 - Sondag
Mamma
My woorde huil vanaand. My pen bewe. My gedagtes maal soos 'n warrelwind. My hart...my hart lê in duisende gebreekte glasstukkies wat tot diep, diep in my siel steek. My bokkiebeer, my liefiekind, my lyfie. Jy baklei so hard vir ons. Jou lyfie is seer en moeg. Ons bid ons harte oop en ons oë leeg vir 'n wonderwerk. Ek weet nie hoekom nie. Hoekom is my bokkiebeer hiervoor gekies. My mammahart voel leeg. En vol. My liefielyfie. My bokkiebeer.
Pappa
Christo se lyfie veg moedig voort. Hy kry lewerversaking. Die dokter sê ons moenie daaroor kommer nie - die lewer kan herstel.
Ons bid voort en glo Christo sal herstel en ons sal hom nog saamvat huistoe.