Share

31 Oktober 2015 - Saterdag


 

Mamma
"The Lazarus baby". Dis wat die pediater Christo noem. Hy kan nie glo hoe hierdie klein mensie binne 'n week soveel verbeter het nie. Sy breinfunksie is ongelooflik goed en sy bewegings het baie toegeneem maar daarmee saam ook die onstabiele bloeddruk. Die dokter weet dat hier 'n groter Hand werk. Hy sien die beterskap in Christo, maar hy is eerlik dat daar waarskynlik baie skade gaan wees en hy kan ons nie verseker wat ons gaan terugkry nie. As die ander dokters net nie so onverantwoordelik opgetree het nie. "Dis ok", sê ons, ons wil net ons seuntjie terughê. Ons vermoed dat die onstabiele bloeddruk as gevolg van angs is. Christo is waarskynlik bewus van alles om hom en hy kan nie daarop reageer nie. Mense wat hom heeltyd poke en aan hom vat en hom draai en was en tande borsel....hy het nog nooit daarvan gehou as vreemde mense aan hom karring nie. Hy is tog rustiger as ek met hom gesels wanneer ons hom draai of was, daarom is ek heeltyd daar.