Share

30 Oktober 2015 - Vrydag


 

 

Mamma
Nog 'n wipplank dag. Gemoedere op en af. Baie trane en vreugde. Christo'tjie se bloeddruk dans rond. Onvanpasde passies sonder ritme. Ek's naar. Maar God se lig skyn steeds vandag op Christo. Hy word toegevou in genade en vreugde. My hande is oopgevou voor God. Neem my klein mensie en maak sy lyfie heel. Blaas U asem in sy longetjies. Hy is U lewende getuienis. Ons krulkop bruinoog gesiggie met sy skeptiese laggie en sy arms styf om mamma se nek gevou.