28 Oktober 2015 - Woensdag
Mamma
Genugtig. Wat 'n dag. My lyfie stoei en veg. My mamma hart was vreeslik seer. My lyfie sukkel met sy bloeddruk en hy moes plaatjies kry. Maar ek voel God. Ek sien Hom in my kind. Die neuroloog is glad nie optimisties nie maar God is groter en sterker. Ons weet ons pad na herstel is lank en die treetjies is klein maar waar het ons Donderdag gestaan? Sy ICP het begin op 72 en CPP op 8. En vandag? 21:00 vanaand was sy ICP 24 en CPP 42!!! Prys die Here!!
Ons vermoed die bloeddruk is veroorsaak deur angs. Christo'tjie weet wat om hom aangaan maar hy kan nie reageer anders as om sy beentjies te beweeg nie. Dit maak mens se hart moeg. Emosioneel en fisies. Gebroke. Gedaan. Geskend.