Share

27 Oktober 2015 - Dinsdag


 

 

Mamma
Hoop. Hoop en liefde. Geloof. God is so goed vir ons. Beweging! Beweging EN breinfunksie!! Ek is kinderlik opgewonde. God se heerlikheid en krag ken geen einde nie. Ek moet vertrou. Nederig op my knieë bly. Pleit. Bid. Ek sing vir Christotjie Psalm 48. Oor en oor. Dis asof ek eenvoudig geen ander psalm kan onthou nie. God gebruik my liefielyf as deel van 'n groter plan. Skenk ons U Genade, Here. U woord IS krag.